Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 20 MEI 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Op 13 Mei 2018 het die sleutel van Mike Bosch, ZS2FM stil geword. Hy is by sy huis in Port Elizabeth oorlede nadat hy sy gereelde BHF-kolom op die SARL-web en sy Focus on VHF vir Amateur Radio Today, sy laaste, geskryf het. Mike was 92 jaar oud.

Hy is in 1926 gebore en in 1948 as ZS2FM gelisensieer. Hy het sy amateur radio-loopbaan toegewy aan die bevordering van aktiwiteite op BHF, UHF en Mikrogolwe. Ons betuig ons meegevoel met sy vrou, Susan, seun en dogter. Sy sleutel is nou stil, maar sy nalatenskap sal voortduur. Rus in vrede Mike.

Jy kan luister na 'n huldeblyk aan Mike in Focus on VHF op Amateur Radio Today.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE ZS3 NAELLOOP VANMIDDAG

SARL RAADSLID BESOEK DIE PORT ELIZABETH AMATEURRADIOVERENIGING

en

HULP MET DIE BHF/UHF KOLOM IN RADIO ZS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ZS3 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS3 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Noord-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Hierdie foon en gelykgolf kompetisie is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC aan die lug. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of landafkorting. Aktiwiteit is op 7 000 tot 7 040 kHz vir gelykgolf en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon.

Kontakte met stasies in die Noord-Kaap is 2 punte werd en kontak met die Noord-Kaapse ARK, ZS3NC, die Namaqualand Aero Sportvereniging, ZS3FLY, die Bo-Karoo ARK, ZS3VDK, of die Sutherland ARK, ZS3OBS, is 5 punte elk. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel formaat en gemerk "my roepsein ZS3 Naelloop" moet teen 27 Mei 2018 per e-pos aan zs3nc@qsl.net gestuur word. Raadpleeg die 2018 Blouboek 2018 voordat die kompetisie begin.

SARL RAADSLID BESOEK DIE PORT ELIZABETH AMATEURRADIOVERENIGING

Tydens die 2018 SARL AJV is nie minder as 12 toekennings aan amateurs in Afdeling 2 toegeken. In 'n poging om die SARL buite Gauteng te bemark, het die SARL Raad onderneem om die Oos Kaap te besoek en hierdie toekennings te oorhandig.

Tydens gister se algemene jaarvergadering van PEARS het Rassie, ZS1YT, raadslid van die SARL, dan die AJV bygewoon en die toekennings oorhandig. Rassie het ook SARL inligting en ander amateurradio sake van belang met die vergadering gedeel. Voordele van lidmaatskap van die SARL was hoog op die agenda.

'n Somber oomblik het geheers toe 3 van die toekennings wat deur Mike Bosch, ZS2FM verwerf is aan die bestuur van PEARS oorhandig is. PEARS sal ter gelegener tyd die toekennings aan Mike se familie besorg.

BHF/UHF REKORD TABEL

Paul Smit, ZS6NK en Bernie van der Walt, ZS4TX, het ingestem om die bestuur van die BHF/UHF-rekordtabel oor te neem na aanleiding van die heengaan van Mike, ZS2FM. Paul vra dat radio-amateurs hul QRB's na hom sal stuur by e-pos zssixnk@gmail.com sodat die rekords opgedateer kan word. Die e-pos zulu sierra sierra india x-ray november kilo at gmail.com

HULP MET DIE BHF/UHF KOLOM IN RADIO ZS

Die redakteur van Radio ZS vra die BHF en hoër gemeenskap vir hulp om die maandelikse BHF/UHF-kolom in die tydskrif aan die gang te hou. Is daar iemand wat bereid is om die kolom oor te neem of iemand wat bereid is om nuusberigte te versamel en saam met die redakteur die kolom saam te stel? Kontak asseblief Dennis, ZS4BS by radiozs@sarl.org.za as jy belangstel.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE CQ WPX GELYKGOLF KOMPETISIE

Die groot wedstryd vir die naweek van 26 en 27 Mei is die CQ WW WPX Gelykgolf kompetisie. Hierdie kompetisie sien tradisioneel baie aktiwiteite. Moenie vergeet om die reëls na te gaan op www.cqwpx.com/rules.htm om die beste inskrywingskategorie te vind wat pas by jou stasie se vermoëns en jou persoonlike doelwitte.

RUIMTESTASIE DIGITALE AMATEUR TELEVISIE SEIN NIE OP DIE GROND SIEN NIE

Die sein van die digitale amateur televisie (DATV) sender aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) kan nie op die grond opgespoor word nie het die Amateur Radio op die Internasionale Ruimtestasie (ARISS) gerapporteer. Die eenheid dui aan dat dit funksioneer. Tot dusver kon ARISS nie die probleem bepaal nie.

"n Reeks stappe word tans onderneem om die probleem te diagnoseer," het ARISS gesê. "As daar egter 'n werklike mislukking plaasgevind het, sal slegs 'n grondgebaseerde evaluering die probleem volledig diagnoseer. Die ARISS Internasionale span werk ywerig om die stelsel so gou as moontlik weer in volle werking te bring." Die DATV-stelsel staan bekend as "HamVideo" en "HamTV." ARISS het gesê hulle het begin met die koördinering met sy ruimte agentskap vennote en borge om die probleem vinnig aanboord te bepaal en indien nodig, die apparaat op die grond te inspekteur en te herstel.”

INFORMELE AMATEUR RADIO NET NA VULKANIESE UITBARSTINGS IN HAWAII

Twee informele inligtings-nette bly oop op die eiland Hawaii ("The Big Island") in die nasleep van onlangse en volgehoue vulkaniese uitbarstings en seismiese aktiwiteite, het die Stille Oseaan-nood koördineerder, Clement Jung, KH7HO, rapporteer. Geen formele verkeer is deur gegee nie, maar frekwensies word gemonitor.

"Alle normale kommunikasie, soos mobiele fone, landlyn fone, internet en openbare veiligheid, is in werking," het Jung aan die ARRL gesê. Splete wat geassosieer word met die Kilauea-vulkaan op die Groot Eiland, het op 3 Mei begin uitbars, met die uitvloei van lawa en die uitskeiding van hoë vlakke van swaweldioksied. n Amateur radio net is in werking op 7,088 MHz ESB en die Vrywillige Organisasies Aktief in Ramp (VOAD) 146,720 MHz-herhaler (100 Hz toon) op Mauna Kea is geaktiveer nadat Hawaii se goewerneur 'n nood verklaring uitgereik het. n Federale ramp verklaring is goedgekeur.

Die Hawaiian Vulkaan-observatorium rapporteer die aktiewe uitvloeiing van lawa en gevaarlike dampe gaan voort, met geen einde in sig nie. Die Hawaii Vulkaan Nasionalepark is gesluit nadat paaie en staproetes beskadig was. Die Observatorium het vandeesweek die Lugvaart kode na RED verhoog, as gevolg van verhoogde as emissie.

Hierdie twee items met dank aan die ARRL Brief.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die ZS3 Naelloop
21 Mei – die sluitingsdatum vir die AWA Buis QSO Geselligheid Logstate
24 Mei – die sluitingsdatum vir Junie Radio ZS artikels
26 Mei – die Johannesburg ARK Snuffelmark
10 Junie – die Hammies Naelloop
16 Junie – die Oos Rand ARK Snuffelmark
17 Junie – Vadersdag en Wêreld QRP Dag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die ZS3 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Noord-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Hierdie foon en gelykgolf kompetisie is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC aan die lug. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of landafkorting.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS/1, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003